Sunday, April 26, 2015

Heinrich & Elzette - Kilcairn, Hermon

Dit is vir my ongelooflik lekker om uiteindelik my Pragtige vriendin se Troue op my Blog te deel!
Elzette is een van my heel beste vriendinne van Laerskool af so ons kom al 'n BAIE lang pad saam! :)
Toe sy en Heinrich begin uitgaan het, toe weet ek, dis haar trouman die! :)
En ek ken haar, so ek het geweet ek is reg!}

Elzette is 'n plaasmeisie en sy wou 100% 'n plaas troue gehad het!
Op die "groot dag" was ek al van vroeg oggend saam met hulle en ek was so opgewonde, kon net nie ophou glimlag elke keer as ek na haar gekyk het nie  { erg trotse vriendin },
natuurlik net totdat sy ingestap het by die seremonie { hulle het in 'n stoor getrou met trekkers en al } - en ek net nie die trane kon keer nie! { Ek moes myself mooi in toom hou om nie op te hou neem en net sommer snot en trane te staan en huil nie }.
Sy het beeldskoon gelyk, mooier kon ek haar nie voorstel nie en die manier wat Heinrich na haar gekyk het, jong dis wat "romatiese-fairytale liefde uit bestaan".

Perfekte paartjie en een van die mooiste troues!! Ek was so bevoorreg om die hele dag met hulle te kon deel van begin tot die einde . .  . :) {Baie lief vir julle} x

Seremonie & Onthaal : Kilcairn, Hermon
Wedding Planner : Nicola Jane Wedding & Event Specialist
Trourok :  Ilse Roux Bridal 
Make-up : Alicia Buckle &  Lianne De Lange

My awesome 2nd shooter - Tertius Gous (Duisend dankies!)

















































1 comment:

  1. Marlize is ‘n harts vriendin, ‘n vriendin wat jou altyd kan laat lag. Sy was saam met al die groot oomblike in my lewe. Ons het al baie saam gehuil en meer kere saam geskater lag.

    Heinrich het my nog altyd gespot en gesê ek lyk so mooi op foto’s as ek nie weet iemand neem ‘n foto nie. Dit is wanneer ek weet dat iemand ‘n foto neem dat ek ongemaklik lyk. Marlize is die tipe persoon (en fotograaf) wat die vermoë het om self my te kan kry om natuurlik te lag op ‘n foto. Glo my as jy so lank vriendinne is, en jou vriendin is ‘n fotograaf, is daar hopeloos te veel “black mail” foto’s wat jy eerder wil van vergeet. Ek is trots om te sê, ons trou foto’s is gelukkig nie deel van die katagorie nie.

    Ons troudag was ekstra spesiaal oor Marlize deel was daarvan. Daar is nie genoeg woorde om te kan beskryf hoe bly ons is dat sy deel was van ons troue nie. Sy het ons spesiale dag vas gevang en verewig in foto’s. Baie dankie Marlize vir wonderlike herhinneringe en ‘n pragtige vriendskap.

    ReplyDelete