Dit is vir my ongelooflik lekker om uiteindelik my Pragtige vriendin se Troue op my Blog te deel!
Elzette is een van my heel beste vriendinne van Laerskool af so ons kom al 'n BAIE lang pad saam! :)
Toe sy en Heinrich begin uitgaan het, toe weet ek, dis haar trouman die! :)
En ek ken haar, so ek het geweet ek is reg!}
Elzette is 'n plaasmeisie en sy wou 100% 'n plaas troue gehad het!
Op die "groot dag" was ek al van vroeg oggend saam met hulle en ek was so opgewonde, kon net nie ophou glimlag elke keer as ek na haar gekyk het nie { erg trotse vriendin },
natuurlik net totdat sy ingestap het by die seremonie { hulle het in 'n stoor getrou met trekkers en al } - en ek net nie die trane kon keer nie! { Ek moes myself mooi in toom hou om nie op te hou neem en net sommer snot en trane te staan en huil nie }.
Sy het beeldskoon gelyk, mooier kon ek haar nie voorstel nie en die manier wat Heinrich na haar gekyk het, jong dis wat "romatiese-fairytale liefde uit bestaan".
Perfekte paartjie en een van die mooiste troues!! Ek was so bevoorreg om die hele dag met hulle te kon deel van begin tot die einde . . . :) {Baie lief vir julle} x
Seremonie & Onthaal : Kilcairn, Hermon
Wedding Planner :
Nicola Jane Wedding & Event Specialist
Trourok :
Ilse Roux Bridal